Local News

Wortel Voor Jou Neus

Die idee van ‘n “wortel voor jou neus,” kom van die wortel en stok metafoor, waaroor daar vir die eerste keer in die middel 1800s geskryf is. Stel jou ‘n tekenprent van ‘n donkie voor, met ‘n wortel wat net buite sy bereik swaai. Die ruiter hou die wortel aan ‘n lang stok en gebruik dit om die donkie te motiveer om te hardloop. Vir die donkie is die beloning altyd net nog een tree weg.

Voel jy ooit soos hierdie donkie?

Lank voor die 1800s het koning Salomo die vrugtelose najaag van die lewe bekla as niks meer as ‘n gejaag na wind nie.

Het jy al ooit die wind probeer vang? Dit is altyd net nog een tree weg.

Die probleem met “net nog een tree” is dat daar altyd net nog een tree is. Net nog ‘n paar jaar meer in hierdie werk, of sodra jy gradueer, of sodra jy getroud is, of wanneer die kinders ouer is, of wanneer jou geloof sterker is, of wanneer jy die volgende ding wat geluk beloof kan bekostig. Nog. Net. Een. Tree. 

Daar is ‘n beter manier om te leef. Jy kan van die prestasie trapmeul afklim. Daar is soveel meer aan die lewe as groter en beter wees. 

Die waansinnige soeke na meer word deur Jesus aangespreek in Matteus 6. Wanneer jy Jesus se woorde vandag lees, probeer die volgende doen: Asem diep in en maak jou gedagtes leeg van jou bekommernisse. Stel jou voor dat jy daar is terwyl Hy besig is om mense te leer. Waarop sit jy? Hoe ruik die lug? Hoe klink Sy stem? Wat hoor jy nog? Wat sien jy? Wat ontvou binne jou terwyl jy na sy stem luister?

%d bloggers like this:
Skip to toolbar